0/15 Netbalspan 3de wêreldwyd​

HMS Paarl se 0/15 netbalspan neem deel aan die 9de ‘Youth World Championships’ in Singapoer. Hulle speel 13 wedstryde en verloor 3. Hulle eindig algeheel 3de in die wêreldklas toernooi en is wenners van die brons medalje.

Nina Eloff is aangewys as die beste senterbaanspeler by die toernooi. Wat die prestasie meer merkwaardig maak, is die feit dat die spelers vol wedstryde van 40 minute elk gespeel het.

Die span speel 74 wedstryde in 2017. Wen 68 en verloor 6.