2de Beste in Suid-Afrika – nou lok Singapoer!

Die 0.15-netbalspan van HMS Paarl het die afgelope vakansie die Wes-Kaap verteenwoordig by die Kay Motsepe Topskole-netbalkompetisie. Hulle wen vir Menlopark in die semi-finaal 12-10, maar moes egter die knie buig teen Affies met 11-13 in die finaal. HMS Paarl en Affies gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die Wêreldskole-toernooi in Singapoer/Maleisië einde November.

Bea van der merwe, Nina Eloff, Andrea Wolhuter, Danica Potgieter, Lindie Viljoen, Anja du Toit, Carine Alberts, Donna Kotze, Jean-Miri Olivier. Edith Strauss (afrigter) en Marielouw van der Merwe (spanbestuurder).