Annemay deur na finaal van WOW-Spelkompetisie

Die Sanlam WOW-Spelkompetisie is die grootste spelkompetisie in die land. Dit word in al nege provinsies aangebied en maak jong leerders in ’n vroeë stadium reeds bewus van die belangrikheid van taalkennis en die waarde van ‘n goeie spelvermoë.

Een van ons skrander leerders, Annemay Schade, het deurgedring na die Provinisiale Finaal van hierdie tawwe kompetisie. Welgedaan Annemay!