Baie geluk aan die matriekklas van 2019

Hulle harde werk en toewyding het daartoe gelei dat HMS Paarl as een van die Top 20-skole in die Wes-Kaap aangewys is. Die skool is ook nederig dankbaar vir die eerste posisie in Afrikaans Huistaal in die Wes-Kaap. Twee van ons studente behaal 100% in Visuele Kuns, Hannah Wilkinson & Mieke Wiehman.

Ons is dankbaar vir elke matrikulant, onderwyspersoneel en ouers wat baie ure ingesit het vir hierdie puik uitslae.

Op die foto staan Mevrou van Zyl by ons Top 5: Hannah Wilkinson, Cara du Toit, Magot Vlok, Lize Theunissen, Adèle Mouton.