KEEP TRACK OF ALL OUR

DYNAMIC GIRLS

We are really proud

OF OUR GIRLS

New swimming pool hosts our first gala for 2019

Uiteindelik het die dag aangebreek waarvoor HMS vir baie jare gewag het, ons heel eerste gala in ons nuwe vergrote swembad! What an amazing privilege to have both primary and high school learners participate in our first gala in the new swimming pool. We are proud of this historical event and grateful to everybody who was involved in making a success of the Inter house gala.

Mila o.12 SA skaakkampioen

Mila Ferreira (gr. 6) het gedurende die vakansie aan die ‘SA Junior Chess Championships Wildcard’ deelgeneem en sy het die o.12 dogtersafdeling gewen. Ons is baie trots op jou! Die Super Grand Master, elfde in die wêreld, het die trofees oorhandig.

0/14 Netbalspan eindig 3de by Top Skole toernooi

Al HMS se A-netbalspanne het gekwalifiseer vir die SA Nasionale Topskole Netbalkampioenskappe. Die o.14, o.16, o.17 en 0.18’s het  deelgeneem in Boksburg en die o.15’s in Vanderbijlpark. Girls’ High is very proud of the five teams that participated in these National Tournaments and their results.

SA Padwedloop kampioen gekroon

Jana le Roux (gr.12) is as SA Padwedloop kampioen gekroon te Port Elizabeth tydens die SA Padwedloop Kampioenskappe. Jana is voorwaar ‘n voorbeeld van hardewerk wat beloon word. HMS is trots op jou!

Ons is gereed vir die somer swemseisoen!

A sneak peak at our dream come true! Looking forward to many happy hours in our new swimming pool. HMS se pragtige swembad is gereed vir die somer swemseisoen!

HMS is trots op 2 SA skolespeelsters

Baie geluk aan Mia Louw wat opgeneem is in die o.16 SA skole hokkiespan en Jean-Miri Olivier wat opgeneem is in die o.16 SA skole netbalspan. We are extremely proud of you girls!

2 leerders in SA Skole Tennisspan opgeneem

Leigh van Zyl (0.15) en Janke-Martine Viljoen (0.13) is na afloop van die Inter-Provinsiale Tennistoernooi, opgeneem in hul onderskeie ouderdomsgroepe se SA Skole Tennisspanne. Hierdie is werklik ‘n merkwaardige prestasie en ons is baie trots op julle!

HMS tennis bereik nuwe hoogtes!

Ons tennisspelers se talente en hardewerk dra by tot ‘n wen Interskole. Paarl Girls’ High School is proud of all our 2018 tennis achievements so far!