Cinderella Musiekblyspel

Hoër Meisieskool Paarl het vanjaar ‘n musiekblyspel aangepak o.l.v Me F Venter. Augustus het die planke gekreun onder die voete van ‘n geselskap van oor die 50 lede, asook ‘n 11 stuk orkes.  Cinderella is ‘n oeroue sprokie wat met ‘n oorspronklike teks en moderne musiek gehore bekoor het. Die dogters van HMS en jong manne van HJS het geskitter op die verhoog en weereens almal laat glo in liefde met die eerste oogopslag.