HMS koor kry die kans van ‘n leeftyd!

Die Hoër Meisieskool Paarl se koor is uitgenooi om aan die 17de Advent musiekfees in Boedapest einde November te gaan deelneem. Hulle het ook optredes in Slovenië, Kroasië en is ook bevooreg om in Praag die advent-koorkompetisie op 8 Desember te open.