KEEP TRACK OF ALL OUR

DYNAMIC GIRLS

We are really proud

OF OUR GIRLS

Goud by ATKV Applous 2019

Ons is ongelooflik trots op ons hoërskoolkoor wat goud by Applous 2019 verwerf het! Baie geluk aan Mnr Chester Meyer en aan elke meisie wie so pragtig gesing het. Hierdie is beslis ‘n hoogtepunt en ‘n trotse oomblik!

o.15 Netbalspan stap weg met brons medalje by All Girls’ Festival

Die o.15 netbalspan het ons tydens All Girls’ Festival ongelooflik trots gemaak. Hulle speel teen o.18 spanne wat Bloemhof, Oranje Meisies asook Affies ingesluit het. In die uitspeel vir 3de en 4de plek, speel hulle teen Affies en wen hulle met ‘n telling van 28 – 22. Hierdie span is voorwaar ‘n voorbeeld van harde werk, ons is trots!

Kristi en Erica skitter by ASA Kampioenskappe

Kristi Snyman is tweede in Suid-Afrika! Sy neem deel by die Senior ASA kampioenskappe en spring ‘n pragtige hoogte van 1.80m! Erica het ook deelgeneem aan die paalspring en sy spring ‘n hoogte van 3.20m, haar posisie is onbekend a.g.v. weersomstandighede. You girls made Paarl Girls’ High School very proud!

Abigail reaching high altitudes at the SACOPA

Abigail Combrink (gr.8) took part in the SA Championship of Performing Arts (SACOPA) 2 – 5 April 2019. Ons is baie trots op haar uitslae by die geleentheid: – Goud in Classical – Silwer in Comical Sy is ook gekies vir SA-span om deel te neem aan die World Championship in Los Angeles. Well done Abigail, you made us proud!

4M Atletiekbeker na 21 jaar terug by HMS!

Girls’ High afrigters, personeel, old girls en ouers is opreg trots op al ons dogters! Elkeen se aandeel op die baan, veld en pawiljoen was net die beste!                         Finale punte: HMS 471 La Rochelle 379 Bloemhof 344 Rhenish 158

HMS wen Twilight Gala 5de agtereenvolgende jaar

Die Twilight Gala bestaan uit elke skool wat hul Top 12 swemmers inskryf vir 1 individuele item asook ‘n wissel- en vryslagafslos. Daar word meegeding met 9 ander skole waarvan HMS vir die 5de aftereenvolgende jaar die beker Paarl toe bring.

Akademiese toekenning ontvang by Meriete toekennings

Hoër Meisieskool Paarl ontvang verskeidenheid toekennings by die Skoleondersteuningsentrum SOS se jaarlikse Mariete toekennings vir 2018 se matriekuitslae. HMS is van die toppresterende skole in Fisiese Wetenskap en Afrikaans en was ook een van die skole met die meeste onderskeidings per kanidaat. Ons is trots op ons klas van 2018!

HMS & HJS wen Prestige Atletiek

Ons is baie trots op ons dogters en Boys’ High se atlete wat puik presteer het by die Prestige Atletiekbyeenkoms. Ons sou dit nie kon doen sonder die ondersteuning van al ons dogters op die pawiljoen, ouers en old girls nie. Thank you Boys’ High for winning Prestige with us!