KEEP TRACK OF ALL OUR

DYNAMIC GIRLS

We are really proud

OF OUR GIRLS

Ihlumelo en HMS berei saam voor vir Junie eksamen

Die jaarlikse voorbereiding vir die Junie matriekeksamen het begin waar HMS hande vat met Ihlumelo Sekondêre Skool. Daar word saam voorberei vir Rekeningkunde, Wiskunde en ook Verbruikerstudie. Baie sterkte met alle voorbereiding!

Miss Girls’ High

Miss Girls’ High 2018 was aangebied deur die bekende Minkie van der Westhuizen. Baie dankie vir die finaliste wat gesorg het vir nog ‘n stylvolle aand ‘dressed in gold’. HMS is trots op almal wat ‘n aandeel gehad het in hierdie suksesvolle aand.  

Nedbank Beurskompetisie

Joanne Conradie en Chloë Solomons is uit 28 finaliste in die Wes-Kaap aangewys wat aan die Nedbank Beurskompetisie se finale rondte deelgeneem het. Baie geluk aan Chloë Solomons wat as een van 15 leerders aangewys is wat ‘n volle studiebeurs ontvang om ‘n BCom graad te voltooi aan die Universiteit van Stellenbosch.

HMS Paarl spog met nuwe Musieksentrum

Opening het plaasgevind op 15 Mei 2018. Dit was ‘n gesellige aand met besondere kultuur items wat vir lank nog sal onthou word. Dis ‘n nuwe era wat Hoër Meisieskool Paarl betree en ons sien uit vir die hoogtepunte wat die sentrum nog gaan inhou.

LitNum Award

Paarl Girls’ High received the award for Overall Excellence in Academic Performance: Grade 9. 2017 WCED Language and Mathematics Systemic Tests. The award was handed to Mrs Mariana van Zyl by Mrs D.Schäfer and Mr B.K. Schreuder.

LS Redenaars presteer​

2018 se Laerskole Interskole Redenaarskompetisie is aangebied deur Die Afrikaanse Taalmuseum en Laerskool Paarl Gimnasium. Ons is trots op Milcah Visser wat ‘n  algehele eerste plek in die kompetisie behaal het!

2 leerders in SA Skole Tennisspan opgeneem

Leigh van Zyl (0.15) en Janke-Martine Viljoen (0.13) is na afloop van die Inter-Provinsiale Tennistoernooi, opgeneem in hul onderskeie ouderdomsgroepe se SA Skole Tennisspanne. Hierdie is werklik ‘n merkwaardige prestasie en ons is baie trots op julle!

Leadership Conference at La Rochelle​

Five of our learners attended La Rochelle’s annual leadership Conference. The guest speaker at this event was Paralympic Swimmer and gold medalist winner, Achmat Hassiem.

We enjoyed All Girls’ Festival 2018

All Girls’ Festival was held by Claredon Girls’ High School in East London. From debating, netball, chess and cakorating the girls enjoyed the Festival. We are proud of our girls! Girls’ High School is excited to host All Girls’ Festival along with La Rochelle in 2019.