KEEP TRACK OF ALL OUR

DYNAMIC GIRLS

We are really proud

OF OUR GIRLS

HMS tennis bereik nuwe hoogtes!

Ons tennisspelers se talente en hardewerk dra by tot ‘n wen Interskole. Paarl Girls’ High School is proud of all our 2018 tennis achievements so far!

Koor ontvang Laureate toekenning in Praag​

We were crowned as the overall winners in ALL categories of the competition. Welgedaan aan Mev. Rykie Boeke en elke koorlid met hierdie ongelooflike prestasie! We’ve spread some of the GIRLS HIGH MAGIC in Europe. Beslis ‘n ervaring wat vir altyd gekoester sal word.

Ruiter oppad na Oman​

René Dippenaar (Gr. 9) het op 11 & 12 Desember 2017 deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Equestrian Tentpegging kompetisie waar 110 ruiters deelgeneem het. Die president van die Internasionale Tentpegging Assosiasie uit Oman was ook teenwoordig. Na strawwe kompetisie is René as een van die vyf 0.18 Proteaspanmeisies gekies en gaan ons land in Oktober 2018 by ‘n 5-nasie toets in Oman verteenwoordig.

0/15 Netbalspan 3de wêreldwyd​

HMS Paarl se 0/15 netbalspan neem deel aan die 9de ‘Youth World Championships’ in Singapoer. Hulle speel 13 wedstryde en verloor 3. Hulle eindig algeheel 3de in die wêreldklas toernooi en is wenners van die brons medalje. Nina Eloff is aangewys as die beste senterbaanspeler by die toernooi. Wat die prestasie meer merkwaardig maak, is die feit dat die spelers vol wedstryde van 40 minute elk gespeel het. Die span speel 74 wedstryde in 2017. Wen 68 en verloor 6.

2018 Matriekklas ontvang truie en pêrels​

Dis tradisie by HMS Paarl dat elke matriekmeisie in die eerste week van skool, elkeen ‘n stelletjie pêrel oorbelletjies ontvang, wat sy haar hele matriekjaar kan dra. Hierdie spesiale seremonie volg dan met ‘n tee-bederf onder die akkerbome voor die skool waar hulle ook hul matriektruie dan ontvang.

2017 Matrieks maak ons trots!​

Congratulations to our Matric class of 2017 with a 100% pass rate! Hard work has made 93 dreams of success a reality. HMS Paarl is trots op elke matrikulant wat in die uitdagende leef- en leerruimte van Hoër Meisieskool Paarl, met trots haar beste gelewer het.