o.15 Netbalspan stap weg met brons medalje by All Girls’ Festival

Die o.15 netbalspan het ons tydens All Girls’ Festival ongelooflik trots gemaak. Hulle speel teen o.18 spanne wat Bloemhof, Oranje Meisies asook Affies ingesluit het.

In die uitspeel vir 3de en 4de plek, speel hulle teen Affies en wen hulle met ‘n telling van 28 – 22. Hierdie span is voorwaar ‘n voorbeeld van harde werk, ons is trots!