Tennisspanne loop weg met die louere in Cradock

MARILIE MOOLMAN TENNISTOERNOOI – WENNERS (1ste Plek)

Ons Hoërskool-tennisspan het aan die Marilie Moolman Tennistoernooi in Cradock deelgeneem. Van die skole wat deelgeneem het was HS Menlopark, Sasolburg, Cradock, Staatspresident Swart, en meer.
HOëRSKOOL TENNISSPAN: Alexandra During, Adele Mouton, Carla Visser, Amicke Mostert, Mienke Viljoen, Jean-Marié Uys, Tessa Malan

CRADOCK SPAR TENNISTOERNOOI – WENNERS (1ste Plek)

Ons Laerskool-tennisspan het aan die Laerskool Cradock SPAR Tennistoernooi deelgeneem.  Deelnemende skole was Claredon, Paarl Gimnasium, Stirling, Karel Theron, Laerskool Cradock en meer.

LAERSKOOL TENNISSPAN: Elca Zulch, La-Ri Bauermeister, Mila du Plessis, Janke-Martine Viljoen, Elsje Dreyer, Barbara de Kock, Lené Muller