Ruiter oppad na Oman​

René Dippenaar (Gr. 9) het op 11 & 12 Desember 2017 deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Equestrian Tentpegging kompetisie waar 110 ruiters deelgeneem het.
Die president van die Internasionale Tentpegging Assosiasie uit Oman was ook teenwoordig.

Na strawwe kompetisie is René as een van die vyf 0.18 Proteaspanmeisies gekies en gaan ons land in Oktober 2018 by ‘n
5-nasie toets in Oman verteenwoordig.