Close Icon

Ampliora et Altiora

Groter en Hoër

Girls' High Magic

#girlshighmagic

Wat is die Girls' High Magic?

Die Girls' High Magic, wat nie te danke is aan towery nie, heers binne ons skool.

Dit is omdat alles wat ons het te danke is aan diegene wat voor ons gekom het. Dit is ons voorreg en plig om eienaarskap te aanvaar van die gees van die skool en dit as 'n nalatenskap los vir die volgende generasie.

Dit is ons verantwoordelikheid om uit ons foute te leer en om daardie insig te gebruik om te verseker dat die geskiedenis homself nie herhaal nie. Ons geskiedenis en tradisie stuur ons besluite na 'n beter toekoms. Dit maak nie saak watter vaardighede, kennis, vermoëns, kwaliteite, opvoeding of geleenthede ons verkry nie - dit is wat ons daarmee doen wat die verskil maak.

Dit vul ons met trots om te hoor dat Hoër Meisieskool Paarl werklik 'n goed gebalanseerde, uitstekende, bekwame instelling is– nie omdat ons altyd wen nie, maar dat daar is altyd die wete is dat ons kan. Ons leerders is in staat om in 'n multikulturele wêreld en oor verskillende tipes groepe te kan kommunikeer.

Akademiese prestasies by Hoër Meisieskool Paarl weerspieël nie net intelligensie nie, maar ook wat ons "nie-kognitiewe vaardighede" noem, soos deursettingsvermoë, goeie studiegewoontes en die vermoë om saam te werk - met ander woorde - pligsgetrouheid.

Persoonlikheid tel. Ekonoom James Heckman sê:

''n Persoonlikheidseienskap, gekenmerk deur ywer, deursettingsvermoë en selfdissipline, korreleer selfs met finansiële sukses.''

Dit is een van ons belangrikste verantwoordelikhede – nie net om die grondslag vir finansiële onafhanklikheid te lê nie, maar om elkeen se persoonlikheid te ontwikkel tot pligsgetrouheid.

Reading
Switch to English