Reading
Switch to English
Close Icon

Ampliora et Altiora

Groter en Hoër

Welkom by Hoër Meisieskool Paarl

oor ons

Ons toewyding aan uitnemendheid

Ons skool is 'n plek waar 'n gelukkige en uitdagende leefruimte geskep word waarin elke individu se volle potensiaal met trots bereik kan word.

Die Hoër Meisieskool Paarl bied dubbelmediumonderrig in die Voorskool, Laerskool en Hoërskool, met die klem op akademiese uitnemendheid. Laasgenoemde word ook deur ‘n puik kunste- en sportprogram gekomplimenteer.

21ste-eeuse vaardighede word daagliks deur die leerders aangeleer met die doel om dit in hulle lewens te kan toepas.

Lees meer

Mariana van Zyl
Skoolhoof

Line in Green
Divider
Quote open

Ware leierskap vereis algehele onderwerping van die self, absolute eerlikheid, integriteit en opregtheid van karakter en vreesloosheid en bowenal 'n verterende liefde vir 'n mens se mense.

SOBUKWE 1948

Divider

kampusfasiliteite

Ons skool en koshuise

Select facility below....

pre-primêre skool

Ons spelgebaseerde, kindgesentreerde program fokus op holistiese ontwikkeling deur fisiese, kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling te integreer. Ons glo die brein se gunsteling manier van leer is deur speel.

Dit gaan nie oor slim kinders nie. Dit gaan oor gelukkige kinders met die selfvertroue en moed om die dinge wat die belangrikste is, te leer en na te streef.

laerskool

Ons Laerskool is relatief klein en kan een klas per graad akkommodeer. Dit skep 'n omgewing waar die meeste onderwysers al die leerders en ouers baie goed ken. Om elke kind te ken, stel ons in staat om leerders beter te ondersteun en om belangrike vennootskappe met ons ouers te vorm.

Ons grondslagfaseklasse word daagliks in dubbelmedium aangebied en gee leerders blootstelling aan hul addisionele taal, sodat hulle albei tale met gemak kan gebruik en verstaan.

hoërskool

By Paarl Girls’ High staan ons vir akademiese uitnemendheid! Terselfdertyd is dit vir ons ewe belangrik dat elke individu haar volle potensiaal bereik, wat dit ook al mag wees.

“Geluk is die beloning van deug.''

By GHS gee ons ons aandag aan die volle potensiaal van 'n kind, aangesien 'n kind met 'n gelukkige hart een is wat op alle gebiede goed presteer.

koshuis

Die hart van elke nuwe dogter wat ons pragtige koshuistrap klim, is gewoonlik gevul met 'n kombinasie van onsekerheid en opgewondenheid. Ons koshuisouers beskou dit as 'n voorreg om met ouers saam te werk.

Ons sien jou dogters deur die oë van jou, hul ouers. Met die besef dat hulle elkeen 'n unieke mense is, streef ons daarna om by te dra tot elke individu se selfvertroue.

Ons wil hê jou dogter moet haar eiewaarde ken, die krag hê om haar drome na te jaag en die wete dat sy opreg en innig geliefd is, nie net deur jou, haar ouers nie, maar ook deur ons.